Scrappy se Maandaguitdaging My nr. 2
Koershou is vir elkeen seker iets wat jy vir jouself uitwerk. Ek moet maar hard werk aan my koers hoor. Dit is ‘n kwessie van moenie skrik nie, bly net rustig, niks hou vir altyd aan nie.
Ek kry hierdie siklusse waarin ek nie aan die slaap kan raak nie, wel aan die slaap raak, dan 3:15 weer wakker word, nie kan slaap nie, seker so 5:uur weer aan die slaap raak. Dit hou so twee weke aan. Niks help daarvoor nie. Die gevolg is ek is dan lus vir niks. Krap dan so traag-traag hier en daar.
Nou vertel my kinders dit is te veel kortisol wat veroorsaak word deur te veel skermtyd. So, mammie is nie op die foonskerm vanaf 7:30 nie. Lees nou weer boeke. Het 12 boeke gaan koop by ons DBV. R5.00 vir een. Sien, boeklees help vir alles. Ek word selfs vaak na ‘n halfuur!
Om koers te hou as jy vir niks lus is nie, verg intensiewe aanhoudende binnegesprek. “Dit sal verbygaan, dit sal weer beter word, lees dan as jy lus is vir niks.”
Hierdie laaste twee weke het ek oor die ekonomie en kultuur van Denemarke, Ysland en Groenland gelees. Daarna skermskote geneem van die planeet se mooiste watervalle, mooiste strande, mooiste klein dorpies en so aan. My siel gevul met die mooi van hierdie aarde! Ek het omtrent getoer! En dit was goed vir my. My man het ook lekker geluister na my toere.
Saterdag het ek “uitgepass” en vreeslik geslaap. Gisteraand het ek van 7:30 af die boeke opgeneem, 09:30 gaan slaap en goed geslaap. Weet nie van vannag as ek vandag so lank op die skerm was nie. Ek skryf al die hele dag. Gaan na hierdie skryfstuk die skerms toemaak. Ek wil net die volgende foto’s deel:
Goeie advies van jou kiddo’s af🌻
LikeLike
En dit werk!
LikeLiked by 1 person
San ek kan tog so skermverstrengel raak,maar my redding is ek laai my selfoon snags in die kombuis!Ek is bly jy lees liewer snags en slaap so lekker.
LikeLike
Anne, dit is wonderlik wat navorsing uitvind! Lyk my ‘n boek in die hand het weer ‘n plek! Saans van 7 – 10!
LikeLike
Ek is besig met al die volksgeskiedenis.Heelwat Africana opgeraap by ons VLV Boekmark.
LikeLike
Mooi fotos, San. Ek gaan ook jou raad volg en weer lees in die aande. My slaappatrone is heeltemal opgevoeter.
LikeLike
Ons wat lief is vir lees gebruik seker maar die skerms te veel. Veral voor slaaptyd! Die lees van ‘n goeie boek in die hand is egter ook hemels!
LikeLike
Pragtige foto’s, mens raak sommer lus vir lees.
LikeLike
Ja, ek is té lief vir lees! Maar ek is ook ‘n foon junkie. Ek sit my boeke op die foon, speel suduko en ander speletjies, skryf en natuurlik redigeer ek graag foto’s. Sal moet minder maak. Ek gaan darem nou weer klere maak.
LikeLiked by 1 person
Ek wil ook klere maak – maar eers gaan ek winkel moet ontdek … voel soos in KAz.
LikeLike
Ai, koop liewer in die stad!
LikeLiked by 1 person
Sal net moet, maar as ek daar is, wil ek kuier met kinders
LikeLike
Ek het ook die probleem van vinnig aan die slaap raak en dan n uur later moet ek kastig n draaitjie in badkamer loop. Weer twee uur soort van slaap en dan weer opstaan. Ek lees ook voor ek gaan slaap wat heel kalmerend is. My gedagtes kan natuurlik met tye gladnie afsluit om te kan slaap nie. Daardie koers hou is maar swaar om by te bly sonder onderbrekings.
LikeLike
Daardie draaitjies in die nag ken ek. Eers lê ek en wonder of ek nie sal kan hou tot 6uur nie. Dan draai ek rond dat daar minder drukking is op die blaas. Dan werk ek my op oor dit nie werk nie, staan op, gaan draai en is vies oor ek so dom redeneer, want nou is ek helder wakker. Wanneer gaan ek leer?
LikeLike
Ooo toggie dit klink bekend. Ek weet al ek kannie langer lê as die nood daar is nie. Dan vervies ek my soms as daar nie so baie uitkom nie. Dis maar n vrou se kruis as sy ouer word.
LikeLiked by 1 person
😀😀😀
LikeLike