Meer oor my…


Ek het baie gesukkel om daarby uit te kom, maar ek is in ‘n baie lekker fase van my lewe: ek is 63 jaar oud, afgetrede onnie en ma van twee wonderlike dogters. Vrou van die bedagsaamste liefie. Ouma van die oulikste seuntjie wat nou amper drie is.

Ek en geliefde is veertig jaar getroud in Julie 2021. Ons het op Tukkies ontmoet. Hy is ‘n rekenkundige ou met jarelange bestuursondervinding in IT-infrastruktuur. My twee dogters het geswot wat hy het en verder.

Ek is totaal letterkundig ingestel. Twee grade in Afrikaans gedoen. Dertien jaar by die huis om kinders op te voed. Toe gaan Afrikaans onderrig vir gr.10 – 12 vir 22 jaar. Soms vir gr.8 en 9 ook. Daar is my liefde vir kortverhale gebore. Ek leef my so in die skryf van kortverhale in, net my neus steek uit. Gedigte skryf ek oor die 40 jaar. Die proses van dig en reduseer, bied groot, groot vreugde.

Gunsteling Afrikaanse kortverhaalskrywers: Chris Barnard en P.G. du Plessis. Gunsteling digters: Vincent Oliphant en D. J. Opperman.

Baie welkom in my leeshoekie. Jy gaan hier iets van al die genres van skryf kry. Lekker lees!

Published by sandreyerskryf.wordpress.com

Ek is 'n 63-jarige afgetrede Afrikaans Huistaal onderwyseres,wat op 60 afgetree het. Ek het 20 jaar vir seniors Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in HT. Ek het twee begaafde kinders van my eie, daarom die passie vir die onderrig van begaafde kinders. Die belangrikste aspek rondom die begaafde kind is dat dit nie die ouer of onderwyser moet intimideer nie. As u dink dat u nie bevoeg is om so 'n kind te help nie, is u totaal verkeerd. Hulle het ons leiding nodig om te vlieg. Hulle vlieg net vinniger as ander! Geniet dit om te sien hoe vinnig die proses is. Ons sukkel genoeg met ander wat nie eers belangstel om te probeer nie!

5 thoughts on “Meer oor my…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
<span>%d</span> bloggers like this: